Nikolaas II | |
---|---|
Keiser van die Hele Rusland | |
Dinastie | Holstein-Gottorp-Romanof |
Bewind | 1894–1917 |
Kroning | 26 Mei 1896 |
Volle naam | Nikolai Aleksandrowitsj Romanof |
Ander titels | Tsaar |
Gebore | 6 Mei 1868 |
Tsarskoje Selo | |
Gesterf | 17 Julie 1918 |
Jekaterinburg | |
17 Julie 1998 Katedraal van Petrus en Paulus, Sint Petersburg, Russiese Federasie | |
Voorganger | Aleksander III |
Opvolger | 1. Tsarewitsj Aleksei (eerste abdikasie – die abdikasie is later verander sodat die troon sou gaan na groothertog Michail) 2. Groothertog Michail (tweede abdikasie – wys die troon van die hand) 3. Georgi Lwof, president van die tussentydse regering |
Gade | Aleksandra Fjodorowna |
Kinders | Olga Tatjana Maria Anastasia Aleksei |
Vader | Aleksander III |
Moeder | Maria Fjodorowna |
Nikolaas II Aleksandrowitsj (Russies: Николай II Александрович; Nikolai II Aleksandrowitsj) (Tsarskoje Selo, 6 Mei 1868 – Jekaterinburg, 17 Julie 1918) was die laaste keiser van Rusland en die laaste heerser van die Romanof-dinastie (1613–1917). Hy het van 1 November 1894 regeer tot met sy gedwonge abdikasie op 15 Maart 1917.
Tydens sy bewind het die Russiese Ryk verval van een van die grootste magte van die wêreld tot een van ekonomiese en militêre agteruitgang. Weens die Chodinka-tragedie, anti-Semitisme, Bloedige Sondag, die gewelddadige onderdrukking van die 1905-rewolusie, die teregstelling van politieke opponente en sy vermeende verantwoordelikheid vir die Russies-Japannese Oorlog, het hy die bynaam Bloedige Nikolaas by sy teenstanders gekry.[1][2] Historiografie in die Sowjetunie beeld Nikolaas uit as ’n swak en onbevoegde leier, wie se besluite gelei het tot militêre nederlae en die dood van miljoene onderdane.[3]
Rusland het van 1904 tot 1905 groot verliese in die Russies-Japannese Oorlog gely, onder meer die verwoesting van die Baltiese Vloot, die verlies van Russiese invloed oor Mantsjoerye en Korea en die Japannese anneksasie van Suid-Sachalin. Die Anglo-Russiese Vriendskapsverdrag, wat daarop gemik was om Duitsland te keer om invloed in die Midde-Ooste te kry, het geëindig in politieke en diplomatieke konfrontasies tussen Rusland en die Verenigde Koninkryk.
Nikolaas het die Russiese mobilisasie op 30 Julie 1914 goedgekeur wat daartoe gelei het dat Duitsland op 1 Augustus 1914 oorlog teen Rusland verklaar het. Daar word geraam sowat 3 300 000 Russe het in die Eerste Wêreldoorlog gesneuwel.[4] Die keiserlike weermag se groot verliese en die bevelvoerder se onbevoegde beheer in die oorlog, asook die gebrek aan kos en ander voorraad aan die tuisfront, was die grootste faktore wat tot die val van die Huis van Romanof gelei het.
Ná die Februarie-rewolusie van 1917 het Nikolaas namens homself en sy seun geabdikeer. Hy en sy gesin is in hegtenis geneem en in die somer van 1918 na Tobolsk gestuur.[5] Met die goedkeuring van Lenin, Swerdlof en die res van die Bolsjewistiese leiers is Nikolaas en sy gesin eindelik in die nag van 16–17 Julie 1918 tereggestel.[6] Hul oorskot is eindelik presies 80 jaar later, op 17 Julie 1998, in Sint Petersburg begrawe.
In 1981 is Nikolaas en sy gesin deur die Russies-Ortodokse Kerk buite Rusland in New York as martelare en heiliges verklaar.[7] Op 15 Augustus 2000[8] het die Russies-Ortodokse Kerk in Rusland hulle as "verduurders van lyding" heilig verklaar: ’n titel wat gegee word aan gelowiges wat op ’n manier soos Christus sterf.[9]
<ref>
tag; no text was provided for refs named Kallistov